Die eienaars, Hannes en Marie Oosthuizen, verstaan die hart van 'n gesin. Saam met hulle kinders, Riaan en Magda, is die onderneming 16 jaar gelede begin. Die organisasie het so vinnig gegroei dat ons Mnr Johan van Zyl, met baie jare se kleinhandel ondervinding, by ons betrek het as deel van die bestuur.
Gereelde kliente het die Waterglen winkelsentrum goed geken. Dit het egter onlangs verhuis na die Atterbury Value Mart en is gelee langs Builders Warehouse. Die nuwe perseel is baie ruimer en bied veilige onderdakpakering en toegang tot die Atterbury Value Mart-sentrum.