Banner - Picture of store

City Gifts, Babies and Toys

City Gifts, Babies and Toys in Atterbury Value Mart in Faerie Glen, Pretoria, bied 'n heerlike verskeidenheid kombuisware, geskenke, kinderspeelgoed, skryfbehoeftes, bababenodigdhede, opvoedkundige Afrikaanse boeke en geskenke vir Pa en Ma.

Die winkel waar jy WIL verdwaal !

Foto van Winkel

Menige jong mammas storm in en kondig aan: alweer 'n kinderpartytjie, ek weet nie wat ek sou maak sonder hierdie winkel nie!

Gesinne vanaf die platteland word gereeld opgemerk wanneer hulle vir familie kom kuier en weet: hier gaan ons kry wat ons soek.

Baie van die vriendelike personeel werk al jare vir City Gifts, Babies and Toys. Hulle weet presies waar om wat te kry, en help graag in die mooiste Afrikaans wat jy al gehoor het.

"Dit is vir ons belangrik om gehalte produkte teen die beste moontlike pryse aan ons kliente te bied",se mnr Hannes Oosthuizen."Indien ons kliente gelukkig en tevrede is, weet ons dat hulle ons weer en weer sal onsersteun."